APPELKOOS SPRINGBOKSAAL
- Gert Peens
- Aug 3, 2015
- 1 min read

1 Springbok saal ± 3kg 50ml vrugte blatjang
2 knoffelhuisies, dun gesny 125g gedroogde appelkose
10ml gemengde kruie, opgekap 10ml sout
vars gemaalde swart peper 250g streep spek
Smeer die blatjang oor die vleis. Maak 'n kerf oor die lengte van die rugstring en stop dit met die knoffel en appelkose. Sprinkel die kruie en sout en peper bo-oor. Plaas die streep spek bo-op die saal en bak vir 40 minute teen 180ºC of tot die vleis gaar is. Bedien met kweperjellie
Comments