top of page

COCKTAILS: ( OFTEWEL SKEMERKELKIES)

  • Rhona Peens
  • Aug 3, 2015
  • 6 min read

Alles in die lewe het ´n oorsprong, maar partykeer baklei mense om hulle weergawe van die oorsprong as waar en korrek te verklaar. So is dit ook nie anders met skemerkelkies (cocktails) nie. Die oorsprong kan moeilik bepaal word, en gelukkig ook so vir ons, want nou is hier ´n paar interessante stories om te lees. (Soos geskryf deur Frik Lombard)

Gedurende die Revilusionêre Oorlog in Amerika van 1763 tot 1810 het die Franse en Amerikaanse soldate gereeld besoek gebring aan die kroeg Hall’s Corner in New York. Daar het die kroeg dame ´n drankie bedien wat sy Betsy’s Bracers genoem het. Amerikaanse soldate het gereeld hoenderhane gesteel by die Britse troepe. Nou is die storie onduidelik, maar lyk my die hane het saam met die manne gaan drink.

Elke keer as hulle Betsy’s Bracers gedrink het, het die Amerikaanse soldate geskreeu “Here’s to the divine liquor which is as delicious to the palate, as the cock’s tail is to the eye”, waarop die Franse soldate dan geskreeu het “Vive Le Cocktail”.

´n Volgende storie is van ´n ander kroeg ook in NY waar die kroegeienaar stories aan die kliënte vertel het en ook sy mooi dogter daar laat werk het om guns te wen by sy kliënte. Peggy, die eienaar se dogter, het glo ´n sterk en gevaarlike konkoksie gemaak, waarvan sy die resep geheim gehou het.Peggy was verlief op ´n matroos en toe hy eendag terugkom van sy ervaringe af het hy en sy geliefde vegtende hoenderhaan saam gehad. Die hoenderhaan se naam was Lighting. So het Peggy dan vir die matroos en die haan ja gesê. Die aand na die troue in die bed, toemaar ek weet, het Lighting gekraai (of het hy dalk gelag) en een van sy stertvere het losgekom en in een van die drankies geval. Peggy was so opgewonde (oor ´n haan se veer, ek glo nie) dat sy uitgeroep het Lighting het die drankie sy naam gegee “Cocktail”.

Na aanleiding van bogenoemde wonder ek wat sal ´n mooi Afrikaanse woord wees vir cocktail. Hoendergatvere?

TEQUILA SUNRISE

fyn ys

1 deel tequila

4 dele lemoensap

grenadine

Skep die fyn ys in 'n kelkvormige glas. Giet die tequila en lemoensap oor die ys en roer die mengsel goed. Voeg die grenadine na smaak by die mengsel.

BRONX

3 dele jenewer

1 deel droë vermoet

½ deel soet vermoet

1 deel lemoensap

Skud al die bestanddele goed saam en sit voor.

RUM PONS

Los 60ml suiker in 150ml kookwater op. Verkoel. Voeg 'n reep lemoenskil by die stroop. Voeg die sap van 2 lemoene, 150ml rum, 150ml pynappelsap en 'n paar skote Angostura bitters by en sit dadelik koud voor.

VELVET HAMMER

1 deel Cointreau

1 deel Mocha Tia

2 dele vars room

1 deel melk

Skud al die bestanddele goed saam. Giet die mengsel in 'n glas en sit voor.

SNOWBALL

Ysblokkies

1 deel advokaat

5ml lemmetjiesap

5 dele limonade

Plaas die ysblokkies in 'n wynglas. Voeg die advokaat en lemmetjiesap by en roer goed. Gooi die lemonade oor die mengsel.

TEQUILA SUNSET

5ml heuning

1 deel suurlemoensap

2 dele tequila fyn ys

grenadine

Meng die heuning, tequila en suurlemoensap. Skep die fyn ys in 'n kelkvormige glas. Giet die tequilamengsel oor die ys. Giet die grenadine bo-oor.

HOLLYWOOD-OOS

30ml Southern Comfort

60ml whisky

'n bietjie suurlemoensap

125ml verkoelde gemmerlim

skyfie suurlemoen vir garnering

Roer die Southern Comfort, whiskey en suurlemoensap in 'n lang glas. Maak glas vol met gemmerlim. Garneer met skyfie suurlemoen oor die rand van die glas.

CAMPARI-SON

20ml Campari

20ml jenewer

40ml lemoensap

20ml lemoenlikeur

droë suurlemoen-gaskoeldrank

Meng Campari, jenewer, lemoensap en lemoenlikeur. Plaas 'n paar ysblokkies in 'n glas en gooi mengsel bo-oor.

SAMBA PARTY

60ml Malibu klapperlikeur

40ml Bacardi

160ml pynappelsap

Meng die Malibu, Bacardi en pynappelsap. Plaas 'n paar ysblokkies in 'n lang glas en gooi mengsel bo-oor.

SEENIMF

Plaas 5 ysblokkies in 'n skudder en voeg 2 sopies jenewer, 2 sopies suurlemoensap en 1 sopie kersiestroop by. Skud goed. Giet 1 sopie blou Curacao in 'n lang glas en vul die glas driekwart met fyn ys. Giet jenewer mengsel daaroor en vul met gemmerbier. Bedien met 'n vrugtestokkie om te roer.

HAWAÏSE DAIQUIRI

Druk die rand van 'n breërandglas in grenadine-stroop en daarna in rooi jelliepoeier. Laat eenkant. Plaas 5 ysblokkies in 'n skudder, voeg 2 sopies ligte rum, 4 sopies vars lemoensap en 1 sopie kersiestroop by. Skud. Plaas 'n kersie onder in die glas en giet rummengsel oor. Bedien met 'n vrugtestokkie.

PRINS VAN WALLIS

15ml brandewyn

15ml soet sjerrie of Muskadel

2ml blou CuraÇao Angostura bitters

koue JC le Roux Sauvignon Blanc

skyfie suurlemoen

Skud die brandewyn, soet wyn, CuraÇao, 'n paar druppels Angostura en 'n paar ysblokkies in 'n mengfles. Gooi in 'n vonkelwyn glas, sonder die ysblokkies. Vul tot bo met die vonkelwyn en sit voor met 'n skyfie suurlemoen.

TALL ISLANDER

Voeg 25ml ligte rum, 5ml donker Jamaikaanse rum, 25ml pynappelsap, 5ml suurlemoensap en 5ml suiker stroop in 'n mengfles. Voeg 'n paar ysblokkies by en meng goed. Gooi in 'n lang glas, sonder die ys, en maak die glas verder vol met yskoue sodawater.

WHISKEY SOUR

Gooi 45ml whisky, 30ml suurlemoensap, 15ml suikerstroop en ys in 'n mengfles en skud goed. Gooi in 'n glas met 'n steel, sonder die ys.

MANHATTEN

Gooi 45ml whisky, 15ml rooi vermoet en 'n skeut Angostura bitters in 'n mengglas vol ysblokkies. Roer goed en gooi sonder die ys in 'n kort koue glas.

KARIBIESE SONSONDERGANG

60ml versoete kondensmelk

60ml blou CuraÇao

80ml fyngemaakte ys

60ml kersie likeur

Meng die kondensmelk en die CuraÇao en gooi oor die fyngemaakte ys in 'n groot skemerkelkglas. Voeg die kersielikeur by en sit dadelik voor.

ROMERIGE DROOM

Giet 'n klein hoeveelheid Tia Maria of Kahlua onder in klein glasies. Giet Amarula of Cape Velvet versigtig oor die agterkant van 'n teelepel tot twee derdes vol. Steek 'n kaneelstokkie in. Skep dik room met 'n teelepel bo-op en sprinkel kaneel bo-oor om af te rond. Sluk met een slag af.

WHISKY LAFENIS

Plaas ysblokkies in 'n kort glas. Giet 2 skote Angostura-bitters oor, gevolg deur 1 sopie whisky, 1 sopie soet vermoet, 2 sopies lemoensap en 'n paar repies vars lemoenskil. Roer liggies en voeg 'n paar vars mentblare by. Rond af met 'n skyfie vars lemoen en 'n roerstokkie.

SOETE VERLEIDING

Plaas 'n paar maraschino-kersies onder in 'n glas. Voeg 1 sopie kersiestroop en 'n paar druppels Grenadine by. Vul die hele glas met fyn ys en dan met gemmerlim. Roer liggies en rond af met vars ment of 'n roerstokkie. As die drankie te soet na jou smaak is, vervang die gemmerlim met dry-lemon)

BLOU MAANDAG

Vryf die rand van 'n glas met 'n suurlemoen en druk dit dan in strooisuiker. Laat eenkant staan. Plaas 'n skep fyn ys in die glas en voeg 2 druppels blou voedselkleursel, 'n skoot Angostura-bitters, 1 sopie suurlemoensap en 2 sopies lietsjiesap by. Vul glas met sodawater en roer baie liggies. Rond af met 'n skyfie suurlemoen.

ROYAL ROMANCE

2 dele jenewer

1 deel Grand Marnier likeur

½ deel grenadellasap

skeutjie grenadine

fyn ys

suurlemoenskyfie vir garnering

Plaas al die bestanddele in 'n drankiemenger en skud goed. Giet die mengsel in 'n langsteelkelkglas.

Versier die drankie met 'n suurlemoenskyfie.

ROLLS ROYCE

fyn ys

2 dele brandewyn

2 dele sitruslikeur ( Triple Sec)

2 dele lemoensap

Skep die ys in 'n drankiemenger. Gooi die brandewyn, likeur en lemoensap by en skud die mengsel. Syg die mengsel deur en giet dit in 'n kelkglas.

KOFFIE ROOM LIKEUR

10ml kits koffiepoeier

10ml kakao

15ml warm water

397g kondensmelk

410g ingedampte melk

300ml brandewyn

Los die koffie en kakaopoeier op in die kookwater. Vermeng alles goed saam en gooi dit oor in ‘n gesteriliseerde bottel. Bewaar dit in die yskas. Skud goed net voor opdiening.

EMBASSY ROYAL

ysblokkies

2 dele Amerikaanse whisky

1 deel Drambuie

1 deel soet vermoet

1 deel lemoensap (of na smaak)

Plaas die ysblokkies, whisky, Drambuie en vermoet in 'n drankmenger en skud goed. Gooi die lemoensap by die mengsel en meng goed. Syg die mengsel deur en giet dit in 'n kelkglas.

BRANDY ALEX

ysblokkies

2 dele brandewyn

2 dele Créme de Cocoa

2 dele room

neutmuskaat

Plaas die ysblokkies, Créme de Cocoa en room in 'n drankiemenger en skud goed. Syg die mengsel deur en giet dit in 'n kelkglas. Strooi 'n bietjie neutmuskaat bo-oor.

HARVEY WALLBANGER

ysblokkies

2 dele wodka of wit rum

6 dele lemoensap

10ml Galliano

lemoenskyfie en maraschinokersie vir versiering

Plaas die ysblokkies in 'n mooi lang glas. Voeg die wodka of rum en lemoensap by en roer. Voeg die Galliano oor die agterkant van 'n lepel versigtig in die glas sodat dit bo-op dryf. Versier die drankie met die lemoenskyfie en kersie.

BLOODY MARY

1 deel wodka

3 dele tamatiesap

skeutjie worcestersous

skeutjie suurlemoensap

2 druppels Tabascosous ( of na smaak)

ysblokkies

knippies suiker ( opsioneel)

sout na smaak

fyngemaalde swartpeper

Skud die wodka, tamatiesap, worcestersous, suurlemoensap en Tabascosous saam met die ysblokkies. Voeg die suiker, sout en swartpeper by. Syg die mengsel deur en giet dit in 'n kelkglas. Roer die mengsel.

GRASSHOPPER

ysblokkies

2 dele sjokolade likeur

2 dele peperment likeur

2 dele room

Plaas al die bestanddele in 'n drankiemenger en skud dit goed. Syg die mengsel deur en giet dit in 'n kelkglas.

OPORTO

4 dele port

1 deel van der Hum -likeur

skeutjie suurlemoensap

ysblokkies

sodawater

suurlemoenskyfie ( vir garnering)

Giet die port, likeur en suurlemoensap in 'n mengglas en meng dit deeglik. Plaas die ysblokkies in 'n lang glas. Giet die portmengsel oor die ysblokkies en roer dit goed. Voeg die sodawater by en roer. Versier die drankie met 'n suurlemoenskyfie.

 
 
 

コメント


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page