GEBRAAIDE WILDSBOUD OF BLAD IN SOETWYN
- Gert Peens
- Aug 3, 2015
- 1 min read

1 wildsboud of blad
500g skaapskenkel of nek
MARINADE:
250ml soetwyn
15ml Worcestersous
60ml olie
60ml appelkooskonfyt
30ml wynasyn
15ml growwe sout
5ml swartpeper
3 knoffelhuisies, fyngedruk
Marineer boud vir 2 dae in karringmelk, in die yskas. Gooi karringmelk weg. Plaas die vleis in 'n swaar yster kastrol of kasserolbak bo-op die nekvleis. Gooi die marinade oor. Sit die deksel op en bak 3 uur of langer in 'n stadige oond by 170C tot die vleis bruin, sag en geurig is. Verdik die sous effens met mielieblom. Proe en pas aan waar nodig. Sit voor met rys, groente en kweperjellie.
Comments