Glans Ham
- Louise Schutte-koekemoer
- Aug 3, 2015
- 1 min read

Bereken sowat 200g vleis per persoon
'n Ham van so 1 en n halwe kg behoort genoeg te wees vir so 8 persone
Bestandele
3 stingels selery
1 ui
3 geel Wortels
2 Lourier Blare
8 swart peper korrels
Engelse mosterd
Bruinsuiker
Voorbereiding
Proe n stukkie van die ham as dit baie sout is week dit eers oornag in koue water
Plaas die ham op n driepoot vel onder toe in n groot kastrol die staander hou die vleis weg van die warm bodem van die kasrtol
Bedek met kookwater waarby die groente bygevoeg moet word
Laat prut die ham stadig 1uur per kg tot die bene los by die vleis uit steek
Verwyder die vel met n mes
Sny in die vetlaag in om die blokkies patroon te vorm
Smeer mosterd oor die hele ham en druk suiker daarop bak oor 200oc tot die suiker donker word laat dan afkoel dien op teen kamer temperatuur bedien saam met rys gebraaide aartapels en groente
Comments