MATUMI – WILDSFILET
- Gert Peens
- Aug 3, 2015
- 1 min read

4x 250g porsies wildsfilet
vars suurlemoensap
SOUS
250g repiesspek
½ ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
250g bruin sampioene, gesny
500ml vars room
5ml biefekstrakpoeier
30ml mielieblom
50ml water
3ml sojasous
1ml paprika
sout en swartpeper (na smaak )
4 dun skywe Cheddar kaas
Marineer die wildsfilet in ‘n bietjie suurlemoensap terwyl die sous berei word. Sny die spek in stukkies en braai in die pan saam met die uie, knoffel en gesnyde sampioene. Voeg die room by en verhit stadig oor lae hitte terwyl aanhoudend geroer word. Meng die biefekstrakpoeier en mielieblom en maak met die water aan tot ‘n pasta. Roer by die room in. Bring weer tot kookpunt, terwyl aanhoudend geroer word. Voeg sojasous, paprika, sout en peper by en prut stadig tot gaar.
Rooster elke filet na smaak oor warm kole of ‘n gasbraaier tot die verlangde graad van gaarheid. Plaas na die laaste omdraaislag ‘n skyfie Cheddarkaas op elkeen en verhit tot kaas effe gesmelt is. Bedien met bros groente en ‘n gebakte aartappel of skyfies.
Bedien 4 persone.
Commenti