PATRYS EN PERSKES
- Gert Peens
- Aug 3, 2015
- 1 min read

2 patryse
gegeurde meelmengsel, stadig met die sout
60ml olie
30ml botter
2 uie, gekap
410g blik ingemaakte perskesnippers in stroop
250ml hoenderaftreksel
30ml suurlemoensap
10ml gerasperde suurlemoenskil
FINALE AFRONDING (opsioneel):
60ml brandewyn
125ml room
Sny die patryse in kwarte. Rol die vleis in die gegeurde meelmengsel. Braai alkante bruin in 'n mengsel van die olie en botter. Skep die vleis in 'n kasserolbak. Gooi die orige vet in die pan af en smoor die uie tot sag. Voeg die perskes (stroop en al), hoenderaftreksel, suurlemoensap en -skil by die uie in die pan. Proe die sous, geur, en gooi oor die patrysstukke. Maak toe met 'n digte deksel en bak 1½--2 uur lank in die oond by 180C tot sag en bruin. Haal die deksel af, gooi die brandewyn oor en steek aan die brand. Sodra die vlamme dood is, kan die room by die sous geroer word.
댓글