ROOIBOKRUGFILLET
- Gert Peens
- Aug 3, 2015
- 1 min read

Maak fillet mooi reg en sny alle senings af. Marineer dit met speserye soos growwe swartpeper, "steak & chop" mengsel, paprika, worcestersous en olie. Net voordat vleis gaar gemaak word, sny in skywe (2 vinger dikte) Rol gesnyde kante in marinade. Sit pan op met botter en verhit tot botter braai. Plaas fillet met gesnyde kante in botter. Braai vir ± 3 minute aan beide kante. Bedien dadelik met peper of sampioensous bo-oor. Moenie dat die vleis lank staan nie, dit sal nie meer so sag wees nie.
Comments