SAGOPOEDING
- Gert Peens
- Aug 3, 2015
- 1 min read

750 ml melk 125 ml sago
15 ml margarien Knypie sout
75 ml witsuiker 50 ml appelkooskonfyt
6 ekstra-groot eiers
Verhit die melk, sago, margarien en sout in ‘n dikboomkastrol tot kookpunt. Stel die hitte laer en prut die mengsel totdat die sago deurskynend is. Roer gereeld. Voorverhit die oond tot 200ºC en plaas ‘n pan met kookwater op die onderste oondrak. Smeer ‘n oondvaste bak van 25 x 15 x 5 cm. Klits die witsuiker, appelkooskonfyt en eiers goed saam. Voeg dit by die sagomengsel en meng goed. Giet die mengsel in die bak. Bak die poeding 25 - 30 minute tot goudbruin en gaar. Sit dit louwarm voor met vla.
Comments