SPRINGBOK- HUTSPOT
- Gert Peens
- Aug 3, 2015
- 1 min read

2kg springbokvleis, in blokkies gesny
62ml olie
125g swoerdlose ontbytspek
3 uie, gekap
25ml gegeurde meelmengsel
500ml hoenderaftreksel
500ml wortelblokkies 5ml
fyn gemmer
2.5 ml fyn naeltjies
Braai die vleisblokkies in sarsies bruin in die olie. Sodra dit bruin is, verwyder met 'n gaatjieslepel en hou eenkant in 'n glasbak. Braai die spek in dieselfde kastrol en voeg by die vleis. Gooi die oortollige olie af. Smoor die uie bruin in die oorblywende olie. Gooi die gegeurde meelmengsel by en roer deur. Voeg die aftreksel, wortelblokkies en speserye by. Skep die vleis en spek terug in die kastrol en prut sowat 3 uur lank stadig tot sag. Sit voor met kweperjellie en 'n groen groente.
Comments