VLAKVARK FILLET MET `N PEPER EN KRUIE KORS
- Gert Peens
- Aug 3, 2015
- 2 min read

Bedien met `n pruim en appelkoos blatjang, hassleback aartappels en `n mosterdroom.
400g vlakvarkfillet 50g growwe swart peper
1cm vars gemmer 40g gemengde kruie
12 baba aartappels 40ml heuning
200g vars pruime 150g gedroogte appelkose en perskes
100g wortels 100g murgpampoentjies
200ml vars room 40g Dijon heelgraan mostert
100ml asyn 150g bruin suiker
100g bokmelkkaas portwyn
olyfolie vars kruie
250ml gekapte uie
Maak die vlakvarkfillet skoon deur al die sigbare senings te verwyder. Marineer in portwyn, olyfolie, gemmer en vars kruie. Rol oor gekapte kruie en growwe swart peper. Rol styf op in kleefplastiek en plaas in die yskas vir ± 30 minute
GAARMAAK VAN DIE VARK
In `n baie warm pan, voeg bietjie olyfolie by. Sny die fillet in ± 5cm skywe en plaas met plastiek in die warm pan. Draai om sodra die bodem maklik los kom en goed bruin is. Laat rus met die plastiek vir ±20 minute, haal uit plastiek en plaas dan op `n bakplaat in die oond vir ±20 minute op 180C.
BLATJANG
Oor matige hitte roerbraai gekapte uie, die pruime en appelkose (alles tot glaserig). Voeg by die suiker en dan die asyn en roer tot die suiker opgelos is. Prut oor matige hitte tot dik en stroperig. Voeg sout en peper na smaak by
ROOM EN MOSTERT SOUS
Braai mostert met `n klein bietjie botter. Voeg klein bietjie portwyn en al die room by en prut tot net die helfte van die oorspronklike volume. Voeg sout en peper by Klits vinnig tot skuimerig en lig en bedien
GROENTE
Glansjeer die groente baie vinnig. Roerbraai met gemmer tot al dentè (krakerig, maar gaar).Voeg sout en peper by
AARTAPPELS
Sny die baba aartappels in helftes. Kook tot amper gaar. Koel af onder koue water. Sny baie klein en fyn repies deur die breedte van die aartappels. Druk kruie tussen die skyfies. Gooi baie heuning oor en bak in die oond tot krakerig
Comentarios