VLAKVARKBOUDJIE
- Gert Peens
- Aug 3, 2015
- 1 min read

1 vlakvarkboudjie
12.5ml Knoffel-en-kruie-geurmiddel
5ml fyn naeltjies
25ml groente-aftrekselpoeier
25ml gegeurde seesout
5ml fyn gemmer
swartpeper
2 pakkies (250 g elk) streepspek
Meng al die smaakmiddels. Rol spekrepies in geurmiddels en lardeer boudjie.
MARINADE:
200ml appelsap
nartjieskil
100ml Coke
marmelade
Plaas die boud in die appelsap en marineer 24 uur lank in die yskas. Draai gereeld om. Druk nou eers die stukkies nartjieskil in spekgaatjies in die boud. Plaas boud en appelsap in 'n swaarboomkastrol en voeg Coke by. Sit deksel op en bak sowat 4 uur stadig by 160C tot sag en gaar, afhangende van die grootte van die boud. Bedruip nou en dan met marinade tot mooi bruin. Smeer marmelade oor en sit terug in oond sonder die deksel. Verhoog die temperatuur tot 200C en bak die laaste 20-30 minute sonder deksel om die boud mooi te verbruin. Pasop egter vir verbrand.
VARIASIE:
Springbok of blesbokboudjie:
Berei soos hierbo, maar gebruik suurlemoen-en-kruie-bedruipsous pleks van appelsap.
コメント