WILDEVARKBOUD MARINADE
- Gert Peens
- Aug 3, 2015
- 1 min read

Daar word beweer dat hierdie resep onverbeterlik is. Dit werk ook vir wildsbokke en selfs skaapboud. Selfs mense wat nie lief is vir wildsvleis nie, kan nie nee sê vir die een nie.
10ml fyn koljander
10ml swartpeper
5ml fyn naeltjies
5ml mosterdpoeier
2,5ml fyn gemmer
3ml neutmuskaat
sout
repies varkspek
knoffelhuisies
suurlemoenblare / lourierblare
1 blikkie bier
75ml asyn of 125ml suurlemoensap
75ml worcestersous
125ml olie
Vryf boud in met droë kruie. Kombineer sousbestanddele en marineer 24 uur of langer. Bak in stadige oond, in die marinade. (selfs oornag teen 100C.. dit maak BAIE sous)
Comments