WILDSNEK
- Gert Peens
- Aug 3, 2015
- 1 min read

1 Wildsnek bv impala, blesbok of springbok
200g varkspek, in blokkies gesny
50ml botter
250ml vleisaftreksel
2ml tiemie
12,5ml worcestersous
5ml knoffelsout
1ml fyn naeltjies
2ml neutmuskaat
5ml mostert poeier
50ml asyn
sout en peper na smaak
1 blik sampioenroomsop
1 blik knopiesampioene
100ml brandewyn
Sny wildsnek in skywe. Braai die vleis en spek in botter in swaarboomkastrol tot bruin. Voeg ander bestanddele behalwe sampioenroomsop, knopiesampioene en brandewyn by en plaas in oond om sag te stowe. Bedruip die vleis kort-kort. Wanneer die vleis sag is voeg res van bestanddele by. Bedien met rys en gemengde groente.
Comments