WILDSVLEISBOBOTIE
- Gert Peens
- Aug 3, 2015
- 1 min read

50ml olie 1 ui, gekap
15ml kerriepoeier 750g gemaalde wildsvleis;
7ml sout 37,5ml bruin asyn
37,5ml fyn appelkooskonfyt 1 Granny Smith-appel, grof gerasper
50ml pitlose rosyne 1 sny witbrood
350ml melk 2 eiers
5ml borrie 4 vars suurlemoen- of lourierblare.
Verhit die olie in 'n swaarboomkastrol en soteer die ui tot sag en deurskynend. Voeg die kerrie poeier by en braai dit 1 minute lank. Voeg die maalvleis by en braai dit totdat die vleis verbruin. Voeg die sout, asyn, appel, appelkooskonfyt en rosyne by. Plaas die deksel op en prut dit 10 minute lank. Week die brood in melk. Druk die melk uit en voeg die brood by die vleismengsel. Skep die vleismengsel in 'n vuurvaste oondskottel. Klits die eiers en melk saam en voeg borrie by. Druk die suurlemoen- of lourierblare in die vleismengsel en giet die eiermengsel bo-oor . Bak dit 40 minute lank in 'n voor verhitte oond teen 180C totdat die vla gestol het.
Comentarios