YSTERVARK RUGVEL
- Gert Peens
- Aug 3, 2015
- 1 min read

Trek die penne uit. Gooi kookwater oor en skraap met agterkant van mes tot die vel mooi skoon en wit vertoon.
Voel met vingers vir enige klein skerp penne wat nog in die vel is. Laat oornag in pekelwater lê. Sprinkel met growwe swartpeper asook "steak & chop" mengsel en paprika. Gooi worcestersous oor en 'n bietjie olie. Herhaal aan albei kante. Laat lê vir 4 ure. Plaas in stoompot met die marinade en bietjie water. Stoom vir ± 45 minute stadig tot baie sag. Sny in blokkies en bedien op kapokaartappels (of alternatiewelik op 'n broodjie) met pepersous as 'n voorgereg.
Comments