GEURIGE BEESSKENKELPOTJIE
- Gert Peens
- Aug 4, 2015
- 1 min read

'n No 3 pot word aanbeveel
30ml kookolie
6 beesskenkelskywe, ongeveer 15mm dik
8 lamsniertjies, gehalveer, vlies verwyder
2 uie in skywe gesny
1 knoffelhuisie, fyngedruk
350ml vleisaftreksel
50ml tamatiepasta
2.5ml suiker
sout en varsgemaalde peper na smaak
10 geel vlapampoentjies
6 groot aartappels, in 10mm dik skywe gesny
100g mini suikerertjies
100ml suurroom
30ml brandewyn
Verhit die olie in die pot en braai die vleis en niertjies oor matige hitte tot bruin. Voeg die uie en knoffel by en soteer totdat die uie deurskynend is. Geur met sout en peper. Verhit die aftreksel en tamatiepasta saam en voeg saam met die suiker by die vleis. Sit die deksel op en prut vir 2 uur of totdat die vleis byna sag is. Pak die aartappels, vlapampoentjies en suikerertjies in lae bo-op. Sit die deksel op en prut nog 45 minute tot 'n uur lank of totdat die vleis en groente gaar is. Meng die suurroom en brandewyn en voeg by die potjiekos net voordat dit voor gesit word. Steek die steel van 'n houtlepel versigtig op 'n paar plekke in die potjiekos en wikkel liggies sodat die suurlemoen-en-brandewynmengsel goed kan deurloop.
Комментарии