top of page

Herman se Ystervarkie Koek

  • Herman Lensing
  • Aug 4, 2015
  • 2 min read

Yum, yum & weer Yummy....♫

Koek:

360 g (390 ml) botter

390 g (465 ml) strooisuiker

5 eiers

645 g (1 150 ml) koekmeel

20 ml bakpoeier

knippie sout

400 ml melk

Sous:

60 ml kakao

375 ml water

600 g (750 ml) suiker

15 ml botter

500 g klapper

Vulsel:

300 g witsjokolade

125 ml room

1 x 230 g-houer roomkaas

100 g donkersjokolade, gesmelt

1. Verhit oond tot 180 °C. Klits botter en suiker tot lig en romerig. Voeg eiers een vir een by en klits elke keer goed. Sif droë bestanddele saam en voeg om die beurt met die melk by die bottermengsel. Gooi beslag in twee 25 cm- losboomkoekpanne wat met bakpapier uitgevoer en met kleefwerende kossproei gespuit is. Bak vir 25 – 30 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat afkoel

2. Gebruik ’n skerp riffelrandmes en sny die bokante van die koek gelyk. Maak sous Plaas al die bestanddele behalwe die klapper in ’n middelslagkastrol. Bring tot kookpunt en laat kook vir 2 minute.

3. Gooi stroop in plat bak sodat dit sowat 4 cm diep is. Doop een koekhelfte op ’n slag in die stroop en gooi nog stroop met maatbeker oor as koek nie heeltemal bedek is nie. Haal versigtig uit sodat dit nie breek nie. Strooi klapper ook in ’n plat bak en sit gedoopte koek bo-op. Sprinkel klapper oor sodat hele koek bedek is. Hou eenkant en herhaal met tweede koek.

4. Plaas witsjokolade en room saam in ’n bak oor ’n pot met kookwater tot sjokolade gesmelt is. Verwyder van hitte en laat effens afkoel. Klits roomkaas tot lig en romerig en vou witsjokolademengsel by. Plaas eerste koek op opdienbord en smeer helfte van roomkaasmengsel bo-op. Sit tweede helfte bo-op en skep res van roomkaasmengsel op die koek.

**Gooi gesmelte donkersjokolade in ’n straaltjie bo-oor.♫

Bon appétit!

deur Herman Lensing

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page