MAALVLEISPOTJIE UIT DIE BOONSTE RAKKE
- Gert Peens
- Aug 4, 2015
- 1 min read

'n Diep no 3-platboompot word aanbeveel.
20ml kookolie
300g gemaalde beesvleis
200g gemaalde varkvleis
2 uie, gekap
1 groen soetrissie, ontpit en gekap
250ml rou rys
10ml matige kerriepoeier
3ml borrie
1 pypkaneelstokkie
1 lourierblaar
3 ryp tamaties, geskil en gekap
200g vars groenboontjies, gekerf
250ml bevrore wortelblokkies
50ml vrugteblatjang
sout en vars gemaalde peper na smaak
375ml hoenderaftreksel
Verhit die olie in die pot en braai die maalvleis totdat dit van kleur verander. Skep dit uit en hou eenkant. Braai die uie en soetrissie in dieselfde pot totdat die uie deurskynend is. Voeg die rys, kerriepoeier, kaneelstokkie, borrie en lourierblaar by en braai 2-3 minute. Skep die maalvleis bo-op die rysmengsel en pak die tamaties en groenboontjies in lae bo-op. Strooi die wortelblokkies bo-oor die groenboontjies en geur met sout en peper. Verhit die blatjang en aftreksel en giet oor die potjiekos. Lig die platboompot effens om dit weg van die kole te hou. Sit die deksel op en prut 30-45 minute oor baie stadige kole totdat die rys gaar is. Verwyder die lourierblaar en kaneelstokkie indien moontlik.
Comments