POTJIEMARINADE
- Gert Peens
- Aug 4, 2015
- 1 min read

LEKKER VIR POTJIE - BYVOORBEELD SKENKELS
1 suurlemoen sap uitgedruk
200ml olie
2 uie fyn gerasper
2 knoffeltoontjies, gekneus
125ml vars pietersielie, gekap
1 takkie roosmaryn, blaartjies van takkie gestroop
125ml koljander, vars en fyngekap-opsioneel
2.5ml borrie
2.5ml paprika
2.5ml oreganum
rissiepeper - opsioneel
Meng alles saam en marineer vleis. Voeg net sout na smaak by.
Oud Minister Pik Botha het die volgende gesê oor 'n pot:
Potjiekos is nes 'n vrou. Daarom moet 'n mens baie geduldig wees en kry jy moeilikheid as jy die pot te warm maak. As hy te vinnig prut, trek jy jou stompies uit, en as hy te stadig prut, dan druk jy die stompies weer in. 'n Pot maak sy eie musiek en ritme het en dat jy dit moet leer ken. 'n Potjie vorm 'n middelpunt van vriendelikheid en aangenaamheid
Comentários