ROOI POTJIE MET HOENDER
- Gert Peens
- Aug 4, 2015
- 1 min read

Gebruik 'n nommer 3 potjie.
1 kg hoender fyn sout
growwe swart peper
koekmeel om stukkies in te rol.
2 medium uie fyn gekap
kook rys apart tot gaar.
10ml fyngemaakte gemmer en knoffel
20ml botter
10 klein aartappeltjies
10 jong worteltjies
10 klein vlapampoentjies
250g knopie sampioene
BESTANDDELE VIR DIE SOUS
300ml tamatiesous
50ml blatjang
20ml Worcestersous 2
ml tabascosous
50ml asyn 5
0ml suiker
5ml mostertpoeier
15ml paprika
125 water
Voeg alles bymekaar in 'n bottel en meng goed deur die bottel te skud.
Maak jou pot warm en gooi botter by.Braai die fyngekapte uie en gemmer/knoffel tot die geur uitkom. Neem die hoender porsies en strooi individueel een vir een met fyn sout en peper. Nadat die gedoen is doop die hoender porsies in die koekmeel en voeg in die pot. Roer totdat die hoender porsies goed met die uie en olie bedek is vir so 10 minute. Gebruik 'n houtlepel. Van nou af roer jy nie weer jou pot totdat jy opskep nie. Gooi nou jou sous soos bo saamgestel in en laat jou pot stadig loop. (Borrel liggies regdeur). Los so vir ongeveer 15 minute. Voeg nou jou groente in lae in die volgende volgorde. Aartappels, jong wortels, pampoentjies, en sampioene. Los so vir ongeveer 45 minute Voeg klaargekookte rys by so 10 minute voor opskep, en laat die sous deurkook. Die pot loop so 2½ uur.
Comments