SEEKOS-POTJIE
- Gert Peens
- Aug 4, 2015
- 1 min read

Hou vis se kort gaarmaaktyd ingedagte en dat dit bederf word deur dit oorgaar te maak. Sorg dat die kole laag bly en moet nooit toelaat dat die inhoud van die potjie vinnig kook nie.
30ml botter 30ml olyfolie
300g calamari, in ringe gesny 2 groot uie, gekap
1 rooi soetrissie, ontpit en in skywe gesny 3 knoffelhuisies, gekneus
1 groen soetrissie, ontpit en in skywe gesny 5ml sout
varsgemaalde swartpeper na smaak 5ml paprika
2½ koppies rou wit of bruin rys 250ml bier
750ml vis-of hoenderaftreksel 2ml borrie
1 kg visfilette, in porsies gesny 500g garnale, onthaar & afgedop
300g knopiesampioene, in skywe gesny 250g ertjies
2ml droë origanum 2 ml droë gemengde kruie
400g,blik mossels in skulpe
Verhit die botter en olie in 'n gietysterpot en soteer die calamari sowat 2 minute totdat dit ondeursigtig is. Haal uit die pot en hou eenkant. Plaas die uie, soetrissie en knoffel in die pot en soteer tot die uie deurskynend is. Geur met sout, peper en paprika. Roer die rys by. Verhit die aftreksel, bier en borrie. Pak die visporsies, calamari, garnale en sampioene in lae op die bestanddele in die pot en giet die verhitte vloeistof oor. Sit die deksel op en laat omtrent 30-45 minute of tot die rys gaar is stadig prut. Voeg ertjies, origanum en gemengde kruie by en sit weer die deksel op. Laat prut nog 5-10 minute.
Commentaires