TUISGEMAAKTE ROOM-KRUMMELKAAS
- Gert peens
- Aug 4, 2015
- 1 min read

1 liter volroommelk (vars plaasmelk is die beste) 12.5ml wynasyn
37.5ml wit asyn
Bring die melk tot kookpunt. Roer die asyne in en haal dadelik van die stoof af. Die stremsels en die wei behoort te skei. Indien nie, plaas weer op die stoof en roer totdat hulle skei. Voer 'n kolander uit met kaasdoek en laat staan in jou opwasbak. Gooi die stremsels en wei daarin en was 30 sekondes onder lopende water. Sit die punte van die kaasdoek bymekaar om die stremsels mooi in 'n ``sakkie'' te hou en druk soveel vloeistof soos jy kan uit. Bind die doek vas met tou, plaas die lot tussen 2 broodplanke en plaas 'n baie swaar gewig daarop, tot soveel as 70kg. Los 6 uur lank só. Verwyder die doek en sny die kaas in blokkies. Roerbraai in olie tot goudbruin.
Comments