VEGETARIESE EIERVRUGPOTJIE
- Gert Peens
- Aug 4, 2015
- 1 min read

500ml botter of suikerbone, oornag geweek
5 medium aartappels
1 klein botterskorsie
2 groot eiervrugte
4 witwortels
5 groot geelwortels
125ml olyfolie
2uie, gekap
5ml sout varsgemaalde swartpeper
10ml droë tiemie
10ml droë roosmaryn
4 heel knoffelhuisies
250ml groente aftreksel of appelkoossap
5ml rissiesous
Kook die boontjies omtrent ‘n uur lank tot dit net sag is, dreineer en hou eenkant. Was die aartappels, botterskorsie, eiervrugte, witwortels en geelwortels: dit is nie nodig om enige van hierdie groentes te skil nie. Sny dit in happiegroottes. Verhit die gietysterpot oor die kole, gooi die olyfolie daarin en soteer die uie tot deurskynend .Pak die groente in lae bo-op die uie. Sorg dat die groente wat die langste neem om gaar te word onder in die pot is. Wissel elke laag af met ‘n laag van die boontjiemengsel en strooi ‘n bietjie sout, peper, tiemie en roosmaryn oor. Druk die knoffelhuisies tussen-in. Giet verhitte aftreksel of appelkoossap oor die laaste laag. Giet die rissiesous in die middel van die groente deur ‘n opening in die middel daarvan te maak met ‘n lang mes of lepel. Bedek die pot met ‘n stuk foelie, verseël dit goed om die rand en sit die deksel op. Prut 1½-2 uur oor baie lae hitte.
Lewer 6 porsies.
Comments