ANYSSAAD BIEFSTUK
- Gert Peens
- Aug 5, 2015
- 1 min read

4 kruiskyf of T-been skywe
90ml suurlemoensous
60ml olie
30ml sojasous
2 groot knoffelhuisies, fyngedruk
10ml anyssaad, fyn gedruk
Meng al die bestanddele vir die sous. Pak die biefstuk in ‘n plat bak en giet die sous bo-oor. Laat staan vir 30 minute. Rooster die biefstuk oor matige kole of in ‘n verhitte gietyster riffelpan op die stoofplaat soos verkies.
Bedien 4 persone.
Commentaires