BRAAITJOPS
- Gert Peens
- Aug 5, 2015
- 1 min read

25ml kookolie
2 groot uie, in skywe gesny
25ml bruinsuiker
3 lourierblare
12.5ml kerriepoeier
60ml asyn
2.5ml gerasperde lemoenskil
37.5ml fyn appelkooskonfyt
190ml water
10ml sout
8 peperkorrels
1kg skaapribtjops
Verhit die olie in die pan. Soteer die ui daarin. Voeg alles behalwe die vleis by en kook 15 minute lank. Laat afkoel. Pak die vleis in ‘n bak en gooi die afgekoelde sous oor die vleis. Marineer oornag. Rooster die vleis oor die kole. Kook die marinadesous nog 10 minute lank en gooi oor die vleis
ความคิดเห็น