GEROOSTERDE PIEPKUIKENS
- Gert Peens
- Aug 5, 2015
- 1 min read

2 piepkuikens, deur bors en ruggraat gehalveer
SOUS:
30ml tamatiesous
30ml vrugte blatjang
20ml aangemaakte mosterd
10ml worcestersous
5ml sojasous
Verwyder die been van die ruggraat en sny 2-3 diagonale kepe in die borsgedeelte van die kuikens. Meng sousbestanddele saam en verf oor die hoenderhelftes. Plaas op die toeklap rooster, bedruip met sous en draai gereeld om. Rooster vir sowat 25-30 minute terwyl gereeld met sous bedruip word.
Comments