PERI-PERI-PLATHOENDERTJIE
- Gert Peens
- Aug 5, 2015
- 1 min read

Koop 'n vars plaashoender, sny die rugstring uit en druk die karkas plat met jou oop hand. Plaas oornag in 'n appelpekelmengsel voordat dit op die braaivuur gaargemaak word.
1 groot plaashoender
PEKELMENGSEL:
250ml vars appelsap
500ml koue water
62.5ml growwesout
80ml bruinsuiker
250ml fyn ys
Meng die appelsap, water, sout en suiker in 'n groot beker. Plaas ysblokkies in 'n skoon afdroogdoek, bind op en slaan fyn. Meet 'n koppie vol en gooi by die res van die bestanddele.
BRAAISOUS:
62.5ml olyfolie
200ml peri-peri-bedek-en-kook-sous
1 groot toeritsplastieksak
Plaas die hoender in die plastieksak. Gooi die pekelmengsel oor en rits toe. Laat staan oornag in die yskas. Klad droog en verf aan albei kante met olyfolie. Braai tot halfgaar en begin dan die hoender met die peri-peri-sous verf. Draai af en toe om tot gaar. Voeg orige olyfolie by sous. Verhit en gooi oor die gaar hoender. Heerlik saam met slaai en pietersielie-aartappeltjies.
Comments