Sampioensop
- Karla Jansen van Vuuren
- Aug 5, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 4.
Jy het nodig:
400 g groot, bruin sampioene
60 g botter
1 klein ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
¼ k meel
3 k hoenderaftreksel
2 e vars tiemie
2 e sjerrie
1 k room
Só maak ’n mens:
Vee die sampioene versigtig af en kap dan grof.
Smelt die botter in ’n groot kastrol en braai die ui oor matige hitte tot deursigtig.
Voeg die knoffel by en braai nog ’n minuut lank.
Voeg die sampioene by en braai tot sag.
Sprinkel die meel oor en roerbraai ’n minuut lank.
Roer die aftreksel geleidelik by. Voeg die tiemie by en laat opkook.
Verlaag hitte, sit ’n deksel op die kastrol en laat prut 10 minute lank. Laat dit ’n bietjie afkoel en verwerk in jou voedselverwerker tot glad.
Gooi die sop terug in die kastrol, voeg die sjerrie en room by en verhit tot warm (maar nie kokend nie).
Sprinkel ’n bietjie vars tiemie oor en sit die sop voor saam met brood van jou keuse.
Comments