VARKRIBBETJIE OOR KOLE
- Gert Peens
- Aug 5, 2015
- 1 min read

2kg varkkortribbetjies ("spare ribs") in porsies gesaag sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
MARINADE:
2 uie, gekap
3 knoffelhuisies, fyngedruk
500ml rooibostee
250ml kookolie
250ml tamatiesous
250ml blatjang
75ml Worcestersous
125ml wynasyn of asyn
10ml aangemaakte mosterd
Meng die marinadebestanddele in 'n kastrol. Verhit tot kookpunt en prut 'n paar minute lank. Laat afkoel. Giet die koue marinade oor die ribbetjies en marineer oornag in die yskas. Verwyder die ribbetjie uit die marinade en druk droog met kombuispapier. Rooster ribbetjie 20-25 minute lank oor matige kole. Geur met sout en peper.
Comments