VARKVLEIS SOSATIES
- Gert Peens
- Aug 5, 2015
- 1 min read

4 varkschnitzels of varkboud in blokkies gesny
250g droë appelkose
440g pynappelstukkies
2 lemoene se sap
30ml vrugte blatjang
15ml heel korrelmosterd
10ml heuning
15ml vars of 10ml droë roosmaryn
sout en varsgemaalde swartpeper
Ryg die varkblokkies afwisselend met die droë appelkose en pynappelstukkies op die sosatiestokkies. Meng die res van die bestanddele, buiten die sout en peper. Giet in ‘n bak en marineer die sosaties daarin. Geur die sosaties met sout en peper net voor dit gebraai word. Braai oor matige kole tot net gaar en bedruip gereeld met orige marinade. ( Hoe langer die sosaties marineer – hoe lekkerder is dit.)
Commentaires