ASBROOD
- Gert Peens
- Aug 6, 2015
- 1 min read

750ml bruisbroodmeel
25ml witbroodmeel
10ml bakpoeier
2.5ml sout
500ml karringmelk
Meng droë bestanddele en maak aan met karringmelk. Druk deeg plat (±3cm dik) op 'n groot stuk aluminium foelie. Vou dig toe in foelie maar laat ruimte om te rys. Plaas op half uitgebrande kole en gooi toe met oorblywende kole. Bak ongeveer 45 minute.
Comments