MIELIEBROOD
- Gert Peens
- Aug 6, 2015
- 1 min read

150ml mieliemeel 550 ml koekmeel
25ml bakpoeier 15ml suiker
2ml sout 450ml melk
80ml olie 3 eiers
410g blik mieliepitte, gedreineer
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer en voer ’n broodpan uit. Sif die droë bestanddele saam. Klits die melk, eiers en olie saam. Voeg die melkmengsel en mieliepitte by en meng liggies. Giet die mieliemengsel in die broodpan en bak vir ongeveer 1 uur.
Comentarios