RUGBY SNACKS / CURRIE CUP - Charmaine Badenhorst se Banting Pizza
- Charmaine Badenhorst
- Aug 27, 2015
- 1 min read

kleefwerende sproei
Vir die kors:
2 1/2 koppies gerasperde blomkool
1 groot eier, geklits
1 koppie gerasperde mozzarella
2 eetlepels gerasperde parmesan
sout en varsgemaalde swart peper
Vir die bolaag:
Jy kan self besluit wat jy op jou pizza wil sit!
olywe / vars kruie / seekos / vleis / spek - werk alles heerlik op 'n tamatiesous basis met kaas oor alles.
Metode:
1. Voer 'n bakplaat uit met bakpapier en verhit die oond tot 180 grade celcius
2. Mikrogolf die blomkool op hoog vir 7-8 minute tot sag. Laat afkoel.
3. Meng die eier, 1 koppie mozzarella, parmesan, sout en peper.
4. Meng die blomkool by die mengsel.
5. Spuit die bakpapier goed met kleefwerende kossproei.
6. Druk die mengsel in 'n sirkel op die bakplaat.
7. Spuit liggies kleefwerende kossproei oor die basis.
8. Bak vir 10-15 minute tot goudbruin.
9. Smeer tamatiesous oor die kors.
10.Bou jou bolaag volgens jou keuse.
11. Strooi genoeg kaas oor.
12. Bak in die oond tot die kaas begin borrel en verkleur.
Comments