RUGBY SNACKS / CURRIE CUP - Ds. Marius Britz se Polony Rolletjies
- Ds. Marius Britz
- Aug 27, 2015
- 1 min read

polonie / koue vleis in skyfies gesny
1 kg aartappels (geskil en in skywe gesny)
110g botter 110 ml melk sout en vasgemaalde peper 1 tl bakpoeier
Kook aartappels tot sag. Gooi orige water af. Maak fyn. Voeg botter melk sout en peper by en meng tot gladde mengsel. Voeg bakpoeir by en meng deur.Tip: Moet nooit dat jou aartappels koud raak VOOR jy die fyn maak nie. Dit veroorsaak dat jy taai kapokaartappels kry. Maak eerder jou hele resep klaar en laat koud word en warm dan weer op
Variasies:
1. Voeg handvol gerasperde kaas by kapokaartappels en roer deur. 2. Room of suurroom kan gebruik word ipv melk (Selfs bietjie idealmelk is heerlik) 3. Sny gekapte spruituie in jou kapokaartappels net voor opdiening 4. Gebraaide stukkies spek kan ook ingemeng word by jou kapokaartappels
Vul elke skyfie polony / koue vleis met kapokaartappels en steek vas met 'n tandestokkie
Kommentare