RUGBY SNACKS / CURRIE CUP - Francois Hattingh se "Wedges" met Suurroom en Chili-Tamatie Do
- Francois Justus Hattingh
- Aug 27, 2015
- 1 min read

Jy benodig:
1 koppie suurroom 500g aartappel 'wedges' / 'chips' 1 eetlepel olyfolie 1 klein ui, fyngesny 1 blik gekapte tamaties (400g) 1 eetlepl bruin suiker 1 rooi chili, saad en membrane verwyder, opgekerf 1 eetlepl rooi wyn asyn sout en varsgemaalde swart peper
Metode:
1. Verhit die oond tot 220 grade Celsius. Spei die 'wedges' uit op 'n gespuite bakplaat en bak vir 15 -20 minute tot goud bruin. 2. Verwyder van die oond en bedien met suurroom en chili-tamatie doopsous
Vir die doopsous: 3. Soteer die ui in die olyfolie 4. Voeg die tamatie, chili, suiker, asyn, sout en peper by en prut vir 10 minute saam oor matige hitte. 5. Skep uit in 'n bakkie en geniet saam met die 'wedges' en suurroom
Wenk: Fyngekerfde biltong werk perfek saam met die 'wedges', chili-tamatie en suurroom.
Comments