RUGBY SNACKS / CURRIE CUP - Jacques-Franc se Sjokolade-Neute-Fudge
- Jacques-Franc Fevrier Liebenberg
- Aug 26, 2015
- 1 min read

5x250ml suiker 125ml botter 250ml melk 25ml gouestroop Knypie sout 1 blik kondensmelk
1 groot plak melksjokolade 5ml vanillageursel Gekapte neute
Plaas die eerste 5 bestanddele in n kastrol roer met n houtlepel en ‘was’ al die suiker om die rante af. Sit die deksel op, verhit tot kookpunt en kook dit 5 minute lank stadig. Haal deksel af en roer die kondensmelk in. Roer goed totdat die mengsel weer kook. Kook die mengsel stadig tot goudbruin so 20-30 min. Laat effens afkoel en roer dan met houtlepel totdat die mengsel begin styf word. Voeg res van die bestanddele by sprei vinnig op n gesmeerde bakplaat . Sny in blokkies voor heeltemal hard. Lewer 55 blokkies.
(Jacques-Franc sal nie in aanmerking kom vir die prys van die kompetisie nie)
Comments