RUGBY SNACKS / CURRIE CUP - Johan van Niekerk se Cabanossi
- Johan van Niekerk
- Aug 27, 2015
- 1 min read

3.5kg Wildsvleis, sonder Bene en senings, in repe gesny 3 kg Maer beesvleis, sonder Bene en senings, in repe gesny 1 pak Cabanossi-speserye 1kg ys, Fyngemaal 5kg Spek, in blokkies gesny 400g Derms
Verkoel wilds-en beesvleisrepe tot naby vriespunt, maal fyn en meng met speserye en fyn ys. Maal varkvleis en spekblokkies effens growwer, voeg by wildsvleis mengsel en meng liggies maar deeglik. Stop vleismengsel in derm met deunsnee van sowat 25mm en laat oornag hang om af te droog, of gebruik ‘n elektriese waaier. Berook die volgende dag 2 uur lank, droog soos droëwors, bewaar soos wildsvleis-chorizo, gebruik net so of vries.
Bedien met kaas en olywe en kou heerlik terwyl jy Rugby kyk!
Go LIONS!!!!

Comments