RUGBY SNACKS / CURRIE CUP - Riana Barnard se Biltong
- Riana Barnard
- Aug 27, 2015
- 1 min read

Net soveel biltong eters as wat daar is net soveel biltong resepte is daar .
Hierdie is my eie resep en ek kry BAIE complimente van die eters af.
SO MAAK MENS
BESTANDELE
10kg wilds boud vleis (of beesvleis) 1 koppie Worchester sous ¼ koppie korrelsout ¼ koppie heel koljander (fyn koljander werk ook) 1 pakkie Robertsons BBQ speserye 1 koppie bruinsuiker Opsioneel Witpeper
Sny die vleis saam met die grein in repe ( jou keuse hoe dik en hoe breed) Meng al die droe bestandele saam Srooi n bietjie in n groot seelbare bak se bodem . Pak nou die vleis langs mekaar in die bodem (MOENIE die vleis bo-op mekaar pak nie ) Gooi weer van die spesery mengsel oor die eerste laag Sprinkel a bietjie van die Worchester sous oor die laag vleis.Pak dan in die teenoorgestelde rigting weer n laag vleis en herhaaal die proses As al die vleis so behandel is maak die houer toe en sit dit op n koel plek sodat die biltong kan “TREK”Na elke 6 ure kan jy die bak oopmaak en die vleis met jou hande omrol sodat die boonstes onder toe en die onderstes boontoe kom maak weer toe . Laat die biltong vir ten minste 24 so “TREK” Nou is die biltong reg om gehang te word om droog te word. Hang in n koel vertek en sit n waaier aan. Afhangende van hoe dik die biltong is gaan dit so tussen 5 dae en 2 weke neem om droog te word. So begin vroegtydig sodat jy nie sonder biltong is as jou span uitdraf nie …..LEKKER EET
Comments