RUGBY SNACKS / CURRIE CUP - Janine Pretorius se Bacon Braai Mielies
- Janine Pretorius
- Aug 28, 2015
- 1 min read

BESTANDDELE:
12 stukke mielies
250g pakkie spek (12 repe)
whole-grain mosterd
chili speserye
BBQ speserye
olyf olie
METODE:
Spoel die mielies af en plaas in n mikrogolf-veilige bak. Bedek met kleefplastiek en mikrogolf op 100% krag vir 3 ½ minute.
Smeer elke reep spel met mosterd. Sprinkel met die crushed chili en BBQ speserye.
Draai die spek om die mielie, met die mostertkant na binne.
Maak vas met 'n tandestokkie.
Verf met olyf olie. Maak toe en bere in die yskas tot benodig.
Braai oor mtige kole vir 10 - 15 minute. Draai gereeld. Die mielie moet ligte braaimerkies he en die spek moet bros gebraai wees.
Comentários