RUGBY SNACKS / CURRIE CUP - Rhona Peens se Rugby-Hoenderboudjies
- Rhona Peens
- Aug 28, 2015
- 1 min read

Hoenderboudjies Balsamiese Asyn Spur se Vleisspeserye Gekookte eiers Kersie tamaties
Gebruik 2 hoenderboudjies per persoon (as dit ‘n naelbyt-wedstryd gaan wees – 3) Verwyder alle veertjies en prik gaatjies deur die vel met ‘n skerppunt mes. Pak in ‘n oondpan wat gespuit of gesmeer is. Gooi 1 ml Balsamiese Asyn oor elke boudjie. Sprinkel met Spur se Vleisspeserye. Rooster onder in die oond vir ‘n halfuur met die oonddeur effens oop. Draai boudjies om en sprinkel weer met vleisspeserye. Rooster vir ‘n verdere 15 minute. Pak uit op ‘n mooi bord en versier met gekookte, gevulde eiers en kersietamaties. Wanneer Pa op sy senuwees raak eet hy tot die tamaties en kry so sy groente sonder geweld in.
Comments