RUGBY BURGERS
- The Rainbow Team
- Aug 29, 2015
- 1 min read

Vorm patties in 'n rugby bal vorm en wanneer gaar teken die "toutjies" met kaas! Maak patat chips in plaas van gewone aartappel chips Bedien met slaaiblaar, tamatie en uie ringe op 'n bun!
Juanita du Toit se hamburger resep (maak 10-12 groot patties)
500g maer beesmaalvleis 2-3 varkworsies, Country Sausage-geur. 125ml elk vars koljander en pietersielie, fyngekap 1 medium ui, fyngekap 2 huisies knoffel, fyngekap 2 eetlepel (tsp) gemaalde koljander 1 eetlepel komyn 1 eetlepel gerookte paprika 1 eetlepel braai-speserye 2 eetlepels blatjang 2 eetlepels Worcestersous, 2 snye witbrood, in klein stukke opgeskeur 2 eiers sout en peper na smaak koekmeel om op patties te sprinkel voor braai (opsioneel) 20-30ml olie, vir braai 6-8 ciabattas/broodrolletjies 6-12 snye beleë cheddarkaas vars blaarslaai van jou keuse
Druk die varkworsies uit in ‘n groot mengbak, meng al die bestandele (behalwe broodrolletjies , cheddarkaas en slaaiblare) met jou hande en maak seker dat alles mooi gemeng is. Maak balletjies(patties) met jou hande, druk plat sodat dit ‘n koekievorm kry, sit op ‘n groot bord en verkoel tot nodig.
Om te braai: gooi bietjie olie in ‘n pan, besprinkel die patties liggies met meel dat dit wit of grys voorkom, braai nou patties in ‘n warm pan vir ‘n minuut of twee om kleur te kry en dan nog ‘n minuut of twee op bietjie laer hitte. Draai om en doen dieselfde . (Elke kant moet so tussen 3-5min gebraai word en dan dadelik voorgesit word.)
Comments