Biltongslaai
- Heiner Lange
- Sep 6, 2015
- 1 min read


(Dit lewer 6 porsies)
Slaaisous: 60 ml balsem-asyn 125 ml olyfolie 1 knoffelhuisie, gekneus 5 ml suiker of na smaak 5 ml Dijon-mosterd 1 stingel sprietui, fyngekap sout en varsgemaalde swartpeper
Slaai: 250 g klam, baie dun gekerfde biltong 375ml gerasperde cheddarkaas 3 agurkies, gekap 2 hardgekookte eiers, in skyfies gesny 2 ryp avokado’s, in blokkies,besprinkel met suurlemoensap ‘n verskeidenheid blaarslaai om die slaai op te rangskik
Plaas al die bestanddele vir die slaaisous in ‘n skroefdekselbottel en skud goed. Hou in die yskas tot benodig. Plaas die biltong en kaas in ‘n bak en voeg genoeg van die slaaisous by om dit goed klam te maak. Bedek en marineer ten minste ‘n uur (of selfs tot ‘n dag lank) in die yskas. Rangskik die blaarslaai op ‘n mooi groot plat slaaibord en pak die slaaibestanddele bo-op. Besprinkel liggies met van die slaaisous. Skep die gemarineerde biltongmengsel bo-op en sit die oorblywende slaaisous apart in ‘n klein bekertjie voor. Sit dadelik voor.
Comments