CHINESE HAPPIES
- Liplekker
- Sep 6, 2015
- 1 min read

Betsanddele
8 dun snye witbrood
200g garnale, gedreineer
1 klein uitjie, fyn gekap
25ml oester/sojasous
3ml fyn gemmer
25ml gekapte pietersielie
2 eiers
125ml melk
sout en peper
250ml witbroodkrummels
200ml sesamsaad
olie vir diepvetbraai
Metode
Verwyder die korsies van die brood en sny elke sny in 9 vierkantjies.Meng garnale, ui,oestersous, gemmer en pietersielie saam. Plaas ‘n skeppie van die mengsel op ‘n broodvierkantjie en plaas ‘n ander stukkie bo-op. Maak so toebroodjies van al die vierkantjies en vulsel. Klits die eiers en die melk liggies en geur met sout en peper. Meng die krummels en sesamsaad.Doop elke toebroodjie in die eiermengsel en rol daarna in die krummelmengsel. Verhit die olie in ‘n kastrol en diepvetbraai tot mooi bruin.
Comments