WORS EN MARMITE ROLLETJIES
- Liplekker
- Sep 6, 2015
- 1 min read

Bestanddele 8 snye dungesnyde brood 10g margarien 5ml Marmite 8 weense worsies
Metode Verwyder korsies van brood. Rol snye brood plat aan kante met deegroller. Smeer dun met margarien. Smeer ‘n dun lagie Marmite oor. Rol elke sny om worsies. Sny rande netjies en verdeel elke rolletjie in drie dele. Steek vas met tandestokkies. Steek oop punte in lemoen en plaas op tafel. Lewer 24 rolletjies.
Comments