Wors
- Markdag
- Sep 11, 2015
- 1 min read

Terwyl ons die beskuite so in die koffie doop, haal sy haar verwese “Kook en Geniet” uit en gesels resepte. Daar is omtrent niks van die boek oor soos daar uit hom gekook is nie. Maar die resepte word van geslag tot geslag oorgedra. Sy deel ’n worsresep van haar ouma af:
Bestanddele
18 kg Beesvleis 6 kg Skaapvet 6 Rond-vol eetlepels fynsout 6 Teelepels swartpeper 6 Eetlepels fyn koljander 3 Gelykvolle teelepels fyn naeltjies 2 Gelykvolle teelepels neut 1 Bottel asyn 4 Groot handevol hawermout 3 Koppies water
Metode
Meng al die speserye saam, strooi oor die vleis nadat jy die skaapvet mooi deur die bees gewerk het. Maal en stop. Jy kan omtrent ’n hele rugbyspan vir ’n week laat braai met dié wors. En wanneer jy hom braai, moet tog nie gate in die ding druk of hom dood-braai nie. Hy moet nog lekker sappig wees en sommer so in jou mond ontplof.
Comments