top of page

Lewer

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Sep 15, 2015
  • 2 min read

Dis iets wat mense mal oor is, óf haat. Die ryk ystersmaak staan nie almal aan nie, en as jy vir hom te gaar maak dan proe hy soos ’n yster ‘chappie’. Glad nie lekker nie. So moet hom nie te gaar maak nie. Hy moet nog mooi pienk wees binne. En laat hom rus nadat jy hom gaargemaak het sodat die bloed uitloop voordat jy dit opdien. Nes ’n steak. Maak eers die sous en sit laaste die lewer in ’n warm pan. Braai vir so vyf minute, niks meer nie. Skilpadjies is nog ’n gunsteling. As jy hom op die braai maak, braai hom aan die een kant totdat hy begin ferm voel. Dit sal verhoed dat hy uitmekaar val. Wanneer hy ferm voel aan albei kante haal hom af. Hy moet nog sappig wees en die netvet moet ‘crispy’ wees.

Bestanddele

2 Groot uie fyngekap Spek 2 Blikkies oesters, gooi die olie ook in 1 Lamslewer (en niertjies as jy nou net geslag het) Sout Brandewyn Gerookte paprika

Metode

Laat die lewer (en niertjies) vir so ’n uur of twee in melk lê. Trek die velletjie af en sny dit op in bytgrootte happies - nie te klein nie want dan gaan jy vir hom vinnig doodkook. Braai die uie en spek in ’n swart pot. Gooi die lewer in, braai vir so vyf minute op ’n hoë hitte . Voeg die brandewyn by en steek aan die brand . Haal van die hitte af en gooi die mossels by. Geur met sout, peper en paprika Bedien met stywe pap en ’n lekker sheba, of tamatiesmoor. Hopelik begin mense besef dat vleis nie op winkelrakke groei nie. Dit kom van ’n dier af. Sommige gelowe glo dat jy net kan eet wat jy kan doodmaak. Ek dink daar is nogal baie eer daarin. Dit leer mens respek vir die dier wat sy lewe opgeoffer het sodat jy energie kan kry vir joune. En wanneer mens so hard werk om die vleis te bewerk, mors mens dit nie so maklik nie. Geniet, en sê dankie vir die dier.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page