Skaapskenkelbredie
- Marktoe
- Sep 15, 2015
- 1 min read

Op slagdag is daar nie tyd vir sukkel met complicated disse en ’n gekook nie. Nee, mens maak die lewer vir ontbyt en ’n eenpotdis vir aandete. Hierdie is ’n baie maklike en lekker bredie. Enigiets met stampmielies in is lekker. Dis mos kos!
Bestanddele
Stampmielies Suikerbone Skaapskenkels 2 Groot uie Sout en wit peper na smaak
Metode
Laat lê die suikerbone oornag in water. Braai die skenkels tot hulle bruin is. Vat jou tyd hiermee want dit bepaal hoe geurig die dis aan die einde is. Jy wil die aanbrandsel onder in die pot gebruik wanneer jy die water later ingooi. Dit gaan jou “stock” maak. Wanneer die skenkels mooi bruin is, gooi die fyngekapte uie by. Braai hulle in die sap van die skenkels. Wanneer hulle deursigtig is, gooi water by. Gooi dan die suikerbone en stampmielies in en kook totdat alles doek-sag is. Ek maak myne sommer in ’n stoompot. Dis vinniger. ’n Swartpot op die vuur sal ook werk.
Comments