Baba-aartappels
- Barbara Joubert
- Sep 17, 2015
- 1 min read

Ek gebruik Mediterreense aartappels – die vleis is geel en dis fermer as ander aartappels
1 kg Mediterreense baba-aartappels 30 ml growwe sout
Sit die aartappeltjies in ’n groot kastrol. Voeg water by tot dit net bedek is. Gooi sout by en kook die aartappels vir so 20 minute. Gooi die water af en sit die kastrol terug op die stoof. Laat al die vloeistof verdamp en ’n laag sout om die aartappels vorm. Sit voor saam met die tamatiesalsa wat jy saam met die “whitebait”-vissies gemaak het.
Comentarios