Blaarslaai-kwarte met ‘n vinaigrette
- Barbara Joubert
- Sep 17, 2015
- 1 min read

Hoe maklik is die tapa nie!
4 klein koppe blaarslaai 100 ml olyfolie 4 huisies knoffel, fyngedruk 30 ml sjerrie-asyn 1 rooi brandrissie, pitte verwyder en baie fyn gekap sout en peper na smaak
Sny die blaarslaai in kwarte. Meng die olyfolie, knoffel, asyn en brandrissie saam. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Sit die blaarslaai-kwarte in ’n bak en gooi die sous oor.
Bình luận