Frikkadelle in tamatiesous
- Barbara Joubert
- Sep 17, 2015
- 1 min read

Die grootste gunsteling- en as jy dit proe, sal jy verstaan hoekom.
3 varkworsies 115 g maalvleis ½ ui, fyngekap 2 huisies knoffel, fyngedruk 370 ml broodkrummels 1 eier, geklits 30 ml gekapte pietersielie 15 ml olyfolie sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Verwyder die vel van die varkworsies en sit dit in ’n mengbak. Voeg die maalvleis, ui, knoffel, broodkrummels, eier en pietersielie by. Meng goed en geur met sout en peper. Maak klein frikkadelle. Verhit die olyfolie in ’n braaipan en braai die frikkadelle (nie almal op een slag nie) vir 15 – 20 minute.
Tamatiesous
2 blikke gekapte tamaties 1 ui, fyngekap 2 huisies vars knoffel, fyngedruk 2 rooi brandrissies 30 ml olyfolie sout en vars gemaalde swartpeper
Verhit die olyfolie in ’n braaipan. Braai die ui, brandrissie en knoffel saam tot sag. Voeg die tamatie by, geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Laat kook vir so 40 minute en gooi oor die klaar gebraaide frikkadelle.
Comments